Daar buite is niks meer dieselfde…
Ons fight blykbaar ‘n derde golf. Die d@nerse virus het ook gedraai in my binnekring. Vir alle mediese personeel reg oor die wêreld. Dankie!
(Skildery/foto aangeheg is die besonderse werk van Florence van den Berg)
‘n Sak-spinnekop laat my middel-seunskind in die Medi Clinic draai.
Hy word opgeneem met ‘n hele lyf vol grass-burns. Nerf-af geval met n motorfiets die naweek voor dit.
Dit voel of iemand my wind uitgeslaan het. Enige iemand kan met pypies en n drip lê maar as dit by my kinders of diere kom, haal ek moeilik asem, of glad nie.
Middelkind se oë soek net sy ma.
Tussen werk en huis en die ander twee hiperventileer ek van vinnig hol.
Die tweede dag sweef daar ‘n verpleegster in.
Ouerige vrou. Ek ken raakvat hande, en sy het twee.
Sy het my een kyk gegee.
“Gaan sien om na jou werk en huis, los die mannetjie vir my”
En daar versorg daai vreemde vrou my middelkind soos haar eie.
Sy smeer vir hom met salwe op daai grass-burns.
Sy spoel sy wond sonder dat hy ‘n geluid maak.
Sy kam sy hare.
Sy gesels sy hele dag om.
Die dae wat ek haar so sit en bekyk, besef ek daai dag.
‘n Dokter en ‘n verpleegster word “ge-issue” reguit van Bo.
Daarom dink ek in besonder aan elke wonderlike verpleegster en medici wat voor veg teen Covid. In hierdie surialistiese stryd tussen asem en dood.
My gebed vir hulle
Here onse Vader
Laat U Heilige Gees voor elke Frontliner uitstap.
Here spreek U Naam uit oor hulle harte.
Sëen hulle moed met U bloed.
Amen
Mag ek in my eenvoud en my verganklikheid hierdie gebed laat weergalm tussen hospitaal mure.
Salute!
©Yolande Brittnell Steyn

Hier in die vroeg vreemde land, waar ek somtyds verstrengel raak in my stryd van aanpas en inpas, raak jou blogs aan my hart en weergalm dit in my siel…..my trade is nie waterdig verpak en loop soos n fontein wat spontaan oor die stofstraat van my bestaan. Sielskos noem ek dit!
Inspirerend… Nederig … Dankbaar… Hartroerend…
Baie dankie!
Dankie dat jy saam my lees en kuier.
Dit is vir my ‘n groot voorreg.
Liefdegroete
Yolande
Aww..wat n awesome mooi vrou het jy nie geword..Jy was saam my sussie Colette in di skool en ek saam met jou suster Op hoerskool in Beaufort wes..”Many moons ago”!!
As n verpleegkundige wat deur covid geworstel het..soo baie Dankie vir di mooi woorde..al lees ek dit 4jaar na covid…Van nou af het jy nog n “fan”.Lfde Collene
Vandag was eye opener dankie. Jou besoek by ons het wonde oopgemaak wat Ek gedink het Ek Al gebere het. Dankie