0
Your Cart

‘n Chappie, die Hel en ‘n leer

Daar is n spesiale plek in die hel vir vrouens wat nie ander vrouens help nie: Madeleine Albright

Sjoe…loud en clear nê?

Ek het die sin gevat en dit gaan kou soos ‘n chappie. Ek wou nie net reageer nie, ek wou die sin verstaan.

Om die minste te sê, die Hel is n sleg plek. Flippet!

Toe dink ek so….. Vir Madeleine Albright om so sterk sin die wêreld in te stuur moes sy een van twee dinge…

Sy was al plat op ‘n badkamer tëelvloer tussen haar eie snot en trane terwyl ‘n ander vrou ander pad gekyk…of..

Sy is heelwaarskynlik uit die era waar vrouens kaalvoet en swanger  tot die kombuis verban was. Toe het ons mos op ons tone geloop en kon nie te hard gepraat het nie. Dankie die Liewe Vader dat ek nie in daai tyd geleef het nie, want anders was ek die leier van ‘n ondergrondse weerstandsbeweging.

….miskien  moet ek dit so stel; daar is ‘n ongeskrewe Etos in ons Suster-skap.

Daar is kyke in ‘n vrou se oë wat net ‘n ander vrou kan verstaan.

Daar is ‘n onsigbare band wat vroue se psige saam vleg in een dik onbreekbare vlegsel.

Daar is ‘n oer wysheid wat deur ons bloed vloei….daar is n Suster-Kode.

My mond hang oop oor vroue wat hulle Etos en Kode blatant misken. Daai vrouens wat verby ‘n ander vrou stap sonder om haar kroon reg te skuif, of haar op te help van ‘n badkamer tëelvloer. Ek staan verstom oor die trek van agter as jy suksesvol die volgende tree gee. Ek wil huil vir vrouens wat ander pad kyk as ‘n ander vrou gly…..

Miskien is Madeleine reg….mens voel daar is ‘n spesiale plek vir daai vrouens….iewers baie sleg. Daarom maak dit vir my die sin so magtig.

Dis ‘n sin wat vra dat jy oor hom dink. Een wat jy moet eer met jou susterskap se ongeskrewe Etos en Kode.

Daarom susters het ek besluit dat ek een maal ‘n maand ‘n ‘write-up” gaan doen oor ‘n “suster” met ‘n nuwe besigheid, nuwe idee of ‘n suster wat ‘n netwerk nodig het. Of selfs ‘n suster met n droom…

Ek gaan iets oor haar skryf en ek gaan dit plaas op Sit aan die Ketel. Ek gaan dan al die ander susters vra om haar in julle netwerk op te neem en te versprei.

Ek wil graag een van die vrouens wees wat jou leer vashou terwyl jy boontoe klim.

Ek hoor graag van julle sou daar iemand wees met ‘n nuwe besigheid of ‘n produk wat ‘n hupstoot nodig het.  Stuur vir my ‘n epos na hello@sitaandieketel.co.za, en vertel my meer van jouself.

Laat ons mekaar BEMOEDIG, BEMAGTIG EN BEDERF

©Yolande Brittnell-Steyn

11 thoughts on “‘n Chappie, die Hel en ‘n leer

  1. Jy maak n leë tenk beter voel;
    Jy deel jou koffiewater….
    Jy hou my leer vas
    Jy maak my lus vir nog

  2. Goeie dag
    Ek is nie ń lees mens nie maar ek hou van realistiese, sê soos dit is mense, mense wat bemoedig en verstaan, wat kan saam praat en motiveer.
    Sou graag wou deurdring na my ousus, sy het hierdie “real talk” so nodig.
    Ek geniet jou blad verskriklik baie deur ń besige dag en ander verpligtinge scans en is dit lekker om iets raak te lees, baie dankie

  3. Baie dankie vir hierdie stukkie. Vandag het ek dit nodig. Om net te sê Not today Satan, not today. Ek geniet jou lees stukkies ongelooflik baie. Elke ene is uniek.

    1. Hello Elsa,
      Ek sien baie jou naam op my blog! Ek waardeer jou saamkuier. Dankie vir jou boodskap.
      Ek stuur vir jou liefde

  4. Ek geniet jou op die man af taal en meegevoel met ons sisters. Ja ons moet saamstaan en mekaar se krone regskuif.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *