Wanneer is genoeg, genoeg…
Wanneer gaan sit ons wydsbeen op ‘n klip, asem tevrede diep in en sê, ek het genoeg…
Kom daai dag ooit? My een hoek kas in my kombuis vra vanoggend vir my die vraag..
Ek kon nie die deur toe kry nie. Soos elke oggend na ek skottelgoed wegpak.. en twee vloeke later.
Wat het my die soveelste dêmse mengbak, laat koop?
Reg tegnies, sonder een jok, het ek een mengbak nodig. Dalk vir ‘n bietjie gerief, twee op die meeste..
Ek het 12 mengbakke.
Ek vra vanoggend vir myself… Dink jy jy sal kan oorleef in ‘n huisie met een van elk.
Seker nie…
Ek ken nie mense met een suiker pot nie.
My oog vang vanoggend al die ekstras. My self opgelegte vonnis, want trek raak ‘n nagmerrie en my versekerings paaiement net meer.
So sleep ons almal die klomp ekstras met ons saam. Want net ‘n trippie Mall toe vir die nodige en iewers, somehow het die sisteem jou verbruikersbrein oortuig jy het ‘n ander ketel nodig.
En vanmôre sit ek hier in my oorvol huisie en ek wonder wat op aarde het ek nòg nodig.
My genoeg kan mos nie lê in 12 mengbakke nie?
Middel kind roer en skimp onderdeur die duvet vir koffie en beskuit. My aanneem 4 been kind lê in die sondag sonnetjie. My stoep is gevee en my jasmyn rank muurop. Sou ek al my ekstras wegvat het ek oorgenoeg.
Dis in die eenvoudigste oggende wat die genoeg oral lê.
Moenie te ver van jou eenvoudigste genoeg af lewe nie, want dan gaan iemand jou oortuig jy het nog nodig.
Hierdie huis het genoeg. En ek praat nie van mengbakke nie.
©Yolande Brittnell Steyn

Ek luuuv dit. Waar was hierdie mooie skryfies al die tyd. Jy doen my siel soooo goed
Dit was lekker om te ontmoet en saam die ketel aan te sit!😉
Hello Rochelle,
Selfde my kant! Laat daai ketel kook.
Liefde vir jou en joune
Ek is opgewonde oor jou skrywes!
Die lewe kan nogal ongekompliseerd en eenvoudig wees ….as ons van al die ekstras ontslae kan raak en besluit om minder op te gaar en tevrede te wees met dit wat ons het.
Hello my Ina vriendin,
So kuier ons virtueel saam oor ‘n koppie tee. Liefde vir jou
Hierdie is nou vir my die heerlikste ontdekking hierdie jaar!!! Ek gaan nou my ketel aansit en verder verdrink in hierdie wereld van jou ..
Hellooo Ruline,
Baie welkom in my woorde wereld. Ek skryf graag vir mense soos jy. Gooi sommer ‘n ekstra suikertjie by.
Hoe bly is ek om hierdie blad op gesigboek raak te loop. Elke stukkie wat ek lees so uniek, mens kan so vereenselwig met jou goed!
Liefde van die Kalahari
En ek is bly ek kan jou ontmoet al is dit virtueel.
Dankie dat jy saam lees.
Baie liefde
Yolande
Hello ek lees altyd jou geskewe op facebook en toe sien ek n link op jou post vir die blog. Geniet jou skryf werk dit is allerdaags en slaan elke snaar raak van elke vrou wat dit lees. Dit moet net dink ek. Kom ek gaan sit die ketel aan en geniet nog van jou geskrewe. Baie dankie vir die inspirasie. Ek geniet dit om wegteraak in skrywe want soos om weg te hardloop van die lewe wat te vinnig en te dol raak, net daai oomblik van 5 min om iets te lees wat jou kan inspireer en wegvoer soos ek n ma van 4 kinders. Baie liefde Natasha
Hello Natasha,
Wat ‘n lekker boodskap om te kry. Baie baie dankie vir jou saamlees. Ek bere jou mooie boodskap in my hart.
As mense saamlees, bly dit vir my ‘n groot voorreg om my woorde met julle te kan deel.
Liefde van my
Ek het die nou so geniet, onlangs het ek geleer van genoeg. Van SA na Duitsland met net n tas. Moes leer botter en suiker room met n ou hout leppel en eierwitte styf klop met n gewone ou ballon klitser… ek het geleer dat genoeg is in my mense en nie in my goed nie.
Dankie vir jou mooi skryf