0
Your Cart

Kaalvoet Krismis

Hierdie krismis gaan ek plat sit.
Ek gaan kaalvoet loop op ‘n stofpad.
Ek gaan ver verby alles kyk wat blink en fancy strikke op persente.
Ek gaan onthou hoe eerbiedig God was aan elke bid van my.
Ek gaan nederig raak soos ‘n donkie wat die Heilige dra.
Ek gaan my jaar se manna dae onthou.
Toe ek hande vol van God se goedheid kon optel.
Hoe die liewe Vader my jaar se storms een een stil gemaak het.
My loop haal het daar waar ek duskant nêrens verdwaal geraak het.
Dat ek na nog ‘n jaar weer kan onthou dat God nie ‘n horlosie dra nie, net mense.
Dat ek nie altyd alles kry wat ek wil hê nie, maar presies alles wat ek nodig het.
En net soos 3000 jaar terug is elke jaar self beplan deur die Here en het Hy Homself my voetpad gelyk geskraap.
kopiereg: Sit aan die Ketel

7 thoughts on “Kaalvoet Krismis

  1. Môre… jou skryfwerk is fantasties! Eks verslaaf versot daarop!!

    Ps… is van hierdie prente kunwerke wat dalk te koop is?

    Groete,
    Christine du Toit

    1. Hello Christine,
      baie dankie – ek is baie bly jy lees saam!
      Hou my website dop in 2022 – kunswerke is in die pyplyn.
      Mooiste Kersfees vir jou en joune
      Yolande

  2. Ek is absoluut mal oor jou kreatiewe skryfstyl!!! Dis soos ń heerlike, romerige stukkie koek op die tong xx

  3. Ek luv jou werk…..diep ryk en lekker soos n properse Jan Spies se agter kleinkind.Yolande ek is ook n woorde kind….maar is nou 70.So woorde in nou in die na…generasie waarvan jy die beker….ja die platinum ene huistoe gebring het.Ek laat my epos en selnommer op hierdie skrywe.Ek wil 2 boeke hê vir kersfees……hoe maak ek om Plooie en Psalms vir my en my vriendin te bestel.Liefde groetnis Rosandra Van der Poel Grabouw
    0833206254
    hannesvdp@yahoo.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *