0
Your Cart

Die nag lieg altyd

Ek stoei mos altyd in die nag met ‘n ding.
Wanneer alles donker en stil is en ek wil dink. Dis ook gewoonlik net dan wat daai ding my vice grip. Neer teen die grond. Uit tel greep.
So het ek gestoei, in die nag tot ek eendag teen ‘n sin vasloop:
Die nag lieg altyd.
Die sin het ek in my toolbox van die lewe gepak.
Daar is so paar sinne in daai toolbox waarsonder ek nie ooit sou kon wen nie.
Nou weet ek, wanneer dit nag is worstel jy met niks. Jy klim nie in die bokskryt nie. Jy probeer nie ‘n ding uitfigure as daar nie lig op hom skyn nie.
Jy los hom.
Hy kan maar daar staan in die gang se donkerste hoek tot dit dag raak.
Môre is nog ‘n dag. Môre is ‘n mooi nuwe dag.
Jy stoei met enige ding as jy fair was met jouself.
Wanneer jy uitgerus is.
Wanneer God se son skyn met die belofte van nuwe opsies.
Soveel keer het ek met daai goed in die donker hoeke baklei. Later was ek so geknoop in my weghardloop gedagtes. Meeste van die kere kon ek sweer daai ding het sewe koppe gehad.
Nou weet ek, die nag lieg altyd.
Kopiereg: Yolande Brittnell Steyn

4 thoughts on “Die nag lieg altyd

  1. Jou skrywe laat my so dink aan n lied “Fear is a liar” fear Kan ons ook allerhande goeters laat “sien” en “Glo” en as die lig vd waarheid eers daaroor skyn… In die lig vd sonstraal – die daglig.. lyk alles beter… Jou woorde is sooo kosbaar… Laat my wens ek Kon woorde so mooi gebruik … Be blessed 😇🤗

  2. Dié stuk gee my bietjie meer van ‘n ‘grip’ oor hierdie nag dinge waarmee ek so stoei… ❤️

  3. …..die skrywe het my kliphard inni
    gesig gemoker!……..kolskloot!….ek kon relate met elke woord…..ek het sommer gevoel hoe ek mysrlf uitasem stoei!…….maar nou wéét ek opnuut……die nag is n regte liegbêk…en vir hom glo ek nie weer nie♡

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *