0
Your Cart

Kan jy Karoo praat?

Dis weer winter vakansie en ek hoor hoe al die properse stadslinge gaan skoene uitskop in my Karoo wêreld.


Die manne gaan jag, hulle leer ʼn nuwe koue en soms ʼn nuwe taal…
Ek wil vir almal van hulle ʼn briefie saamgee…
Mens kom met een miljoen ‘fency’ woorde daar uit die stad uit. Net ʼn klomp kamma-slim woorde wat op heilige stilte kom vassit.

“Sjuut,” sê ek. “Luister.”

Die grond hier praat ʼn ander taal. Raak stil en luister mooi. Leer nuwe woorde. Die geheim van nuwe woorde leer is om jou eie te vergeet. Maak rym woorde en sing saam die windpomp se draai.

piskoud
plaashek
doringhout
grondpad
dwarrelwind
tolbos
opstal
kudu

As jy goed geluister het weet jy, jy kan ook suiwer Karoo praat, al is dit net vir ʼn rukkie.
So in jou stilraak en leeg raak het die Karoo jou kom volmaak.

Net so jammer, party luister nie, en gaan net so leeg terug huistoe…

2 thoughts on “Kan jy Karoo praat?

  1. Só woon ons nou ook in die Paarl, maar het nou, vir 7 dae, op ons plaas, naby Nelspoort, kom asemskep en my hart kom volmaak. Die fluistering van die wind, die “tjier” van die windpomp en die geblêr van die nuwe aankomelinge in die veld, vul my met onuitspreeklike vreugde. Dis my kerk dié. Hier hoor ek Sy stem!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *