Die woorde het baie lekker uit gekom toe iemand my vra, hoe ganit?
Ek antwoord,
“geset maar gesond, dankie”.
Ek staan party oggende 10minute van elke kant myself en bekyk in die spieël.
Ek buk sommer ook want ek wil die besigheid van onder af op ook bekyk. Dit moet n terrible gesig wees, ek weet. Ek kan myself net nie in ń aanvaar in-kyk nie.
Ek is mooi uitgerys soos n plaasbroodjie. Wat ek nou tenminste twee maal n week bak, by the way. Maar dis eintlik vir die kinders.
Ek rol-vou-frommel die “moet-pas” jean vir die hoeveelste keer op en gooi hom onder in die laaste rak van die kas.
“It is going to take a while honey”, is die troos woorde wat ek oor myself spreek.
Daai donnerse jean maak die lewe vir my moeilik. Hy wil net nie pas nie.
Hy verdien die laaste rak onder in die kas.
Ek het nooit gesukkel met gewig nie.
Ek sukkel nou.
Die skuld is niemand sin nie, dis “honey” se eie skuld. Want binne op my kombuis counter staan n halwe chocolate koek.
Dit was ook eintlik vir die kinders…
Gisteraand lê ek en dink in my payamas wat lekker snoesig en styf sit…mens kry n pienk mashmallow gevoel as mens na my kyk…
Ons almal se emosies is bietjie van koers af. Hierdie covid ding vat ons emosioneel ook aan. So dan is dit okey as jy vir n rukkie ń emosionele eter raak.
Daar lê ń helse hoop troos in room dougnut. Eet hom!
Ek het my tweede stuk chocolate koek diep in die oë gekyk sodat hy weet hoe nodig ek hom het. Ek het my oë toegemaak.
Weet julle wat se daai stuk koek vir my?? “Honey, this too shall pass”.
Ek is geset, maar gesond. Dankie.
©Yolande Brittnell-Steyn
As jy nog jou Sit aan die Ketel bundel wil bestel, los jou epos adres vir my in die comments. Dan gesels ons verder.

Ek sal baie graag ‘n bundel wil bestel. Absoluut mal oor jou skryf styl
Wil graag bestel?
Wil graag bestelling plaas.
Luvit!!!! Praat my taal en druk op elke menopause, pause knop!! Ek wil en moet meer lees!!
Pragtig uiteengesit. Ek kan dit oor en oor lees om alles te verstaan.
Lekker vars nuut e op die man af Mal oor jou manier van skryf
Jy is gesëënd met n uitstekende skrywerstalent.
Ek stel belang.
Wat kos die boek en wat het jy nog geskryf!!
Hello liewe Edna,
Dankie vir jou baie groot kompliment!
En dankie dat jy saamlees.
My debuut bundel Sit aan die Ketel is beskikbaar op my webshop.
As jy sukkel laat my weet – ek publiseer binnekort weer van my skryfwerk.
Liefde vir jou en joune
Hallo Yolande,
Ek wil graag n bundel bestel.
Ek wil graag jou bundel bestel.
HI Yvette,
Ek hoop jy het reggekom op die winkel skakel?
Ek versend weer vanaf 15 Januarie 2022.
Hou lekker vakansie
Merry Krismis!
Yolande
Love jou skryfstyl. Wil dolgraag bestel. Ek sien myself met daai jean. Haha
Goeie more Driena,
Dankie vir jou saamlees. Ek skryf graag vir mense soos jy.
My bestellings is oop vir 2022, versendings hervat weer 15 Januarie 2022.
Baie liefde
Yolande
Loved reading a few of your short pieces!! ❤️
Mal oor jou skryftaal.
Wil graag jou boek bestel
More
Hoe kan ek die Blog ontvang?
Lief jul blog
Baie dankie dat jy saam my kuier Michelle.
Liefde
Yolande
Jy sit n glimlag op my gesig… N groot een😁en nie baie mense kry dit reg nie!! Love jou manier van praat en uitdruk! Sal baie graag ‘Geset maar gesond’ wil bestel, ek kan so relate met die soettandjie van my – terwyl ek al 5 outfits aangehad het vanoggend net om maar weer in die eerste een in te klim. Terwyl my man vir my onderlangs loer en mompel ‘is dit alweer n vet dag’😝
Hello liewe Annecke,
Jy het my ook nou laat giggel. Dankie vir jou boodskap. Geset maar gesond is opgeneem in my nuwe bundel Plooie en Psalms.
Dit is 1 Okotber aanlyn beskikbaar.
Lekker lees! Lekker vrou-wees – dis ‘n eer en voorreg.
Liefdegroete
Yolande