0
Your Cart

My Survivor skoene

Partykeer as die min-lief-vir-myself ‘n vasklou plek in my soek dan staan ek aspris langer voor die spiëel.
Dan kyk ek en ek vir mekaar, want
baie-liefhê moet net weer vir min-liefhê herinner dat binne in my leef nie net een vrou nie.
Ek en jy is baie vroue in ons leeftyd.
Die lewe gooi sy kaart en jy kies jou paar skoene wat jy moet volstaan.
In my kas staan my beskerm en voorsien skoene.
Daai sole is deurgeloop om alles kosbaar bymekaar te hou en te beskerm teen storms, koue, lelik en min. Ook ‘n vrou wat uitgaan, bymekaar maak en voorsien aan alles en almal wat aan jou toevertrou is.
Langs hulle staan my liefhê skoene.
Ooo, my liefhê skoene.
Daai onvoorwaarlike paar skoene wat ek en jy volstaan.
Ons het sò lief dat ons soms net met ons nerf-af harte in ons hande bly staan.
Daar binne is ook ‘n fighter-vrou.
Die vrou wat gefight het vir alles wat sy wil hê. Wat moes leer fight al wou sy nie. Die een wat haar swaard sal uittrek sonder om twee keer te dink. Die een met die blits in haar oë wat alles gelyk maak in haar pad.
Maar dan staan daar in my kas die paar skoene waarvan ek die heel meeste hou.
My survivor skoene.
Die duurste paar, afbetaal met elke les van die lewe, maar die paar wat ek dubbel en dwars verdien. Ek is braggerig as ek hulle aantrek, want hulle is blêrrie mooi.
So ook is jy, die een in die spiëel as jy besef hoeveel kosbare vrouens jy binne jou dra.

15 thoughts on “My Survivor skoene

  1. Yolande, ek kon ‘n bad vol ween nadat ek jou skoene storie gelees het! Dit vir al my sielsgenote aangestuur!
    Dankie daarvoor, maar bespeur ek ‘n hartseer weggesteek in al jou bravade?
    Net ‘n ou tannie wat vra!
    Tonne Jesus liefde vir jou,
    Salomé xxx

    1. Hello Salome,
      Dankie vir jou saamlees. Jy bespeur reg. Ons almal dra ‘n stukkie hartseer.
      Ek deel myne graag. In elkeen van ons is ‘n Opstaan-vrou en dis sy wat hier geskryf het.
      Liefde van my huis na joune.

  2. Goeie more,
    Ek is die mamma van die rooi kop dogter wat jy gesê het ek moet n boodskap stuur. Jy wil vir haar iets stuur met n rooikop. Inge Greeff

    1. Hellloooooo Zenna,
      Hier kry ek jou boodskap nou eers. Ek het ‘n rukkie terug iets geskryf en dit het my aan jou mooie meisiekind laat dink. Ek deel met jou.

  3. Halo Jolande

    Ek was vandag by jou praatjie in Riversdal. Het my sommer self genooi, het gevoel ek het bietjie put kos nodig, of is dit pit. En woowww dit was die regte keuse. Het nog nooit van jou gehoor of enigiets nie het net opgedaag.
    Dankie vir jou inspirerende woorde.

    Psst my tafel was bietjie onbekend….. toe join ek sommer ‘n ander tafel en toe kuier ons ‘n hond uit ‘n bos uit.

    1. Hello Elvira,
      So sit God vir ons neer presies daar waar Hy ons wil he.
      Ek is so jammer jy het nie kom hallo se nie.
      Dankie vir die saamkuier

  4. OH Goodness – Jy skryf so raakvat. Die laaste twee sinne van diè skrywe wakker ‘n dam op in my oge. Dis mooi – Dis eg – Dis so ek! Dankie!

  5. Goeie naand Yolandé,dankie vir dit. Ek het dit nogal nodig gehad na n dag soos vandag. Opgestaan met daai ek is niks werd gevoel en gevoel soos n swart put wat my wil insluk. Ek voel vannaand baie beter. Die self lief hê skoene van my trug aan my voete en dat ek meer werd is as wat ek dink. Mooi aand vir jou. Groete
    Eva

  6. Dankie,dankie en weereens dankie vir jou goue woorde wat so raakvat presies wat ek voel maar ni weet hoe om dit te hanteer ni. Jy gee moed en hoop. Baie dankie!!

  7. Sjoe.05h30.Vroeg oggend my kettle aangesit.n Dag voor n nuwe lewens jaar.
    Jy het in my met die lees van joi blog iets wakker gemaak.Iets waar oor ek baie jare droom.Tik ek nou jare drool.Miskien drool ek teveel en leer nie my dromedary uit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *